Kalender
Transforming Kids


Kliek op die logo:
Audio opnames van aanbiedings
en fotos beskikbaar op
Transforming kids se webtuiste
Uit die Hoof se kantoor





UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Dankie vir u tyd en aandag om meer inligting te bekom oor Laerskool Anton van Wouw. As een van die oudste skole in die oostelike voorstede van Pretoria, spog ons skool met ’n besondere ryk geskiedenis en ’n trotse tradisie van besondere hoë akademiese-, kulturele– en sportprestasies.


Van die belangrikste uitgangspunte by ons skool is dat ons ’n gemeenskapsentrum is wat goed gebalanseerde leerders aan die samelewing wil lewer deur alle rolspelers soos ouers, kerke, opvoedkundiges, akademici en entrepreneurs wat moontlik ’n bydrae kan lewer tot die opvoeding van ons kinders, die geleentheid daartoe te bied. Om hierdie rede is ons bevoorreg om sekerlik een van die gelukkigste leerderkorpse en ’n betrokke ouergemeenskap te hê.


Ons belangrikste opvoedkundige uitgangspunt is dat ons leerders al die lewensvaardighede hier moet verwerf wat hulle nodig het om te oorleef in ’n kompeterende Suid-Afrika en ook in die moderne, kleinerwordende wêreld.


Ons wil u uitnooi om ’n afspraak met ons te maak en u sodoende te vergewis van die kwaliteit opvoeding wat ons u kind kan bied.



DIE SKOOL SE ALGEMENE BENADERING TOT ONDERWYS

Die uitkomsgebaseerde benadering tot onderwys word gevolg. Hiervolgens is dit die primêre funksie van die onderwyser om die leerders vaardighede te laat verwerf om sodoende self kennis te ontdek, eerder as om bloot kennis aan hulle oor te dra. Hierdie benadering lei tot beter begrip van die betrokke onderwerp en ’n ondersoekende benadering by leerders.

 

Een van die metodes wat gevolg word by die nastreef van die voormelde benadering, is om leerders in staat te stel om in groepies saam te werk. Dit lei daartoe dat die onderrigsituasie redelik informeel is.

Dissipline word egter nie hierdeur prysgegee nie, aangesien die onderwyser steeds ’n gekontroleerde omgewing moet skep. Binne daardie omgewing moet die leerder egter toegelaat word om met vertroue sy/haar eie denke te ontwikkel.

 

Hoof

Borge
McCarthy Toyota Arcadia RQC





Facebook
Aankondigings!



Nuus- en Sportbrief - 20 Januarie 2012

RO-Rooster Kwartaal 1 2012

Huiswerkriglyne

Finansiële beleid

Skrywe aan ouers oor Godsdiensbeleid

Kommunikeer!
Skool Kommunikeerder
Het u al die Skool Kommunikeerder op u rekenaar gelaai?
Die stelsel (5Mb) kan hier afgelaai word:
Windows -
http://www.school-communicator.com/download.php?schoolid=248
MAC -
http://www.school-communicator.com/download_mac.php

Kliek hier vir verdere agtergrond oor die Skool kommunikeerder.
Ons spog!
Inligting  |  Visie  |  Beleide 2012  |  Finansiële beleid  |  Fasiliteite  |  Kontak Ons  |  Meneer Henning se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use