Bemarkingsgeleenthede aan buite-instansies:

 

Laerskool Anton van Wouw bied bemarkingsgeleenthede aan buite-instansies waardeur die skool die nodige fondse kan genereer om ons ideale te bereik en só te verseker dat ons leerders steeds die beste onderrig op akademiese-, sport- en kultuurgebied ontvang. Dié innoverende bemarkingsveldtog bewerkstellig ‘n pro-aktiewe, wen-wen verhouding tussen die skool en die besigheidsgemeenskap.

Die teikenmark is die hele gemeenskap en al die besighede in ons voedingsgebied.

Die skool bied op ‘n deurlopende basis ‘n verskeidenheid bemarkingsgeleenthede aan, wat groot bemarkingsvoordele en blootstelling gee vir u besigheid.


Advertensie moontlikhede 2010:

 

Laerskool Anton van Wouw bied tans verskeie bemarkingsgeleenthede aan vir huidige, asook potensiële nuwe borge.

 

U reklame by die skool bereik op ʼn gereelde basis ʼn direkte teikenmark. Die ondersteuning wat u op hierdie wyse aan ons leerders en skoolgemeenskap bied, hou vir u organisasie al die bemarkingsvoordele en gepaardgaande groei in. Deur u ondersteuning, help u ons om die nodige fondse te genereer om

ons ideale te bereik en om sodoende te verseker dat ons leerders steeds die beste onderrig op akademiese- , sport-  en kulturele gebied  ontvang.

 

Ons nooi u om deel te word van ons innoverende bemarkingsveldtog om sodoende pro-aktief ʼn wen – wen verhouding vir beide partye te bewerkstellig.

 

1.    NUUSBRIEF

Die nuusbrief word elke Vrydag aan elke gesin van die skool uitgegee. U advertensie word dan in die nuusbrief geplaas.


 

2.    KOERANTJIE

Dit is ‘n gewilde skoolkoerant wat al die doen en late van die kwartaal weerspieël. ‘n Móét-lees in die gemeenskap! Dié koerantjie word ook by die omliggende kleuterskole versprei.


3.    ADVERTENSIEBORD

U instansie se bord (2,4m lengte x 0,73m breedte) word by die vooraansig van die skool se pawiljoen aangebring vir ‘n tydperk van 12 maande.


4.    SOSIALE KALENDER

Verskeie aksies word op ons sportveld aangebied waar ons gemeenskap sosialiseer.


5.    REKREASIESENTRUM

Dié sentrum kyk op die rugbyveld uit en die boonste vlak ‘n goed toegeruste, ruim lokaal kan gebruik word vir funksies.

6.    BORG VAN EERSTESPANNE

Al die sportsoorte se eerstespanne ma ganders lyk en maatskappye is welkom om eerstespan- hempies, -kepse, -waterbottels, -sakke ens. te borg.


7.    JAARBLAD 2010

Elke gesinne ontvang jaarliks ‘n spog-jaarblad.


 

8.    DAGBOEK 2011

Elke leerling ontvang ‘n dagboek vir die jaar waarin al die datums van gebeure aangeteken is en wat dien as huiswerkboekies.

Tussen elke kwartaal is daar advertensiespasies beskikbaar.


9.    ELEKTRONIES KENNISGEWINGBORG

U besonderhede verskyn daagliks vanaf 18:00-06:00 vir 30 dae wat die adverteerder ʼn totaal van 360 ure se blootstelling gee.

10. GHOLFDAG

Indien u meer inligting oor ʼn spesifieke advertensie wil bekom, is u welkom om my enige tyd te kontak.

 

Ons vertrou dat u en u instansie dit gunstig sal oorweeg om ons hierin te ondersteun.

         
bemarking@wouwtjies.co.za

Banners
Inligting  |  Visie  |  Beleide 2012  |  Finansiële beleid  |  Fasiliteite  |  Kontak Ons  |  Meneer Henning se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use