Wetenskap Ekspo 2011

Wetenskap Ekspo 2011


Die Wetenskap Ekspo is verpligtend vir alle graad 7-leerders en vind plaas gedurende die tweede kwartaal van 2011.  Graad 4 tot 6 leerlinge  het die keuse of hulle aan die Wetenskap Ekspo wil deelneem, al dan nie. Hulle Wetenskap Ekspo vind ook plaas gedurende die tweede kwartaal van 2011.

 

 Van elke leerder wat aan die Ekspo deelneem, word verwag om ‘n “Power Point” aanbieding te doen op  ‘n rekenaarskyf (CD of DVD)  en dan in te handig by die skool vir assessering. Indien die leerder nie ’n “Power Point” aanbieding kan doen nie, mag hulle van ’n borduitstalling gebruik maak.  Assessering sal plaasvind  gedurende  die tweede kwartaal op die gegewe datums soos in die huiswerkboek aangedui. Elke leerder moet ’n afspraak maak vir ‘n spesifieke dag waarop sy/haar aanbiedings sal plaasvind.

 Leerders ontvang ook hierby ’n volledige handleiding en instruksies oor hoe die navorsing gedoen moet word.

 Leerders neem individueel deel, aangesien die ekspo ’n deel uitmaak van die tweede termyn se assessering. Die leerders het ’n  keuse of hulle hul projek in Afrikaans of Engels wil aanbied.

 Ouers mag die leerders help, maar moet asseblief nie die projek vir hulle doen nie, aangesien dit dan geen doel dien nie.

 Ek vra vriendelik dat u as ouer sal toesien dat u kind gedurende hierdie kwartaal aan sy/haar Ekspo-taak werk.


Vriendelike groete

Me H Mattheus nms:  Natuurwetenskap Departement      

Klik hier vir al die addisionele inligiting       

 

Inligting  |  Visie  |  Beleide 2012  |  Finansiële beleid  |  Fasiliteite  |  Kontak Ons  |  Meneer Henning se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use