Kurrikulum
Uitkomsgebaseerde Onderwys word reeds ‘n geruime tyd met groot vrug by Laerskool Anton van Wouw geïmplementeer. Dit verseker dat sodanige klimaat geksep word dat elke leerder tot sy volle potensiaal ontwikkel kan word.
UGO berus op vier bene, naamlik: vaardighede, gesindhede, waardes en kennis. Voortspruitend hieruit is die volgende aspekte vir ons van kardinale belang:
 |
dat basiese vaardighede en kennisinhoude steeds báie aadag sal kry omdat dit so uiters noodsaaklik is vir die vaslegging van ‘n stewige grondslag;
|
 |
dat leerders gelei sal word om probleme kreatief te probeer oplos, ook deur selfstandige navorsing en ander inligtingsvaardighede;
|
 |
dat korrekte feitelike inhoude steeds belangrik bly, maar dat dit nou hand aan hand gaan met die verwerwing van lewensvaardighede, om lewenslange leerders te verseker;
|
 |
dat die gees en grondslag van ons onderrig altyd Christusgesentreerd sal bly;
|
 |
dat korporatiewe leer met groot waarde en verantwoordelikheid aangewend word;
|
 |
dat die skool en die ouergemeenskap ‘n deelnemende en ondersteunende vennootskap sal vorm;
|
 |
dat ons die leerders sal voorberei vir die lewe, om hulle plekke gelukkig en gebalanseerd te kon volstaan.
|
Indien die geleentheid hom voordoen, word die verskillende leerareas geïntegreerd (kruis-kurrikulêr) aangebied. Die vryheid wat hierdie onderwysbenadering bied, word deur die personeel van Laerskool Anton van Wouw op ‘n gestruktureerde wyse aangegryp en met groot verantwoordelikheid nuwe, uitdagende en hoogs-stimulerende projekte aan te pak!
GRONDSLAGFASE
Naas die vier grondpilare van kennis, vaardighede, waardes en gesindhede, glo ons steeds in ‘n stéwige grondslag. Daarom lê ons steeds gróót klem op basiese vaardighede en beginsels, naamlik:
 |
spel
|
 |
klanke
|
 |
woord– en sinsbou
|
 |
lees
|
 |
getalbegrip
|
Ons glo aan lewenswerklike probleemstellings en leersituasies as wegspringplek vir die vestiging van:
 |
‘n gesonde selfbeeld
|
 |
‘n Christelike lewens– en wêreldbeskouing
|
 |
potensiaal-optimalisering
|
 |
toerusting vir die lewe.
|
Ons streef na gelukkige, blinkoog (kaalvoet!) en goed toegeruste leerders wat moontlik gemaak word deur:
 |
lekker klein klassies
|
 |
‘n puik onderwyserkorps
|
 |
‘n wonderlike vennootskap tussen personeel en ouers.
|