Fasiliteite

Laerskool Anton van Wouw is in die bevoorregte posisie om oor die volgende fasiliteite te beskik.

Onderriglokale:

Goed toegeruste lokale wat 20 - 28 leerders per lokaal kan huisves. 

Mediasentrum:

‘n Volledige toegeruste mediasentrum met die nuutste tegnologie, insluitend Internet.  Hierdie fasiliteite is tydens skoolure en ná skool tot die leerders se beskikking.

 Rekenaarintegrering:

Leerders ontvang onderrig in rekenaargeletterdheid gedurende skoolure, wat geïntegreerd plaasvind met al die leerareas.  Die koste hieraan verbonde is by die skoolgelde ingesluit.  Daar is ook 'n rekenaar geïnstalleer in elke klas vir navorsing en kommunikasie doeleindes met 24 uur internet-toegang.

 Administratiewe fasiliteite:

‘n Moderne, volledig toegeruste administratiewe kompleks bied uitstaande geriewe t.o.v. die funksionering van doeltreffende onderwys.

 Snoepwinkel:

‘n Snoepwinkel  wat ‘n wye verskeidenheid verversings aan die leerders bied, is oop tydens pouses en na skool. 

Wouwtjie-winkel en teetuin:

Die Wouwtjie-winkel verkoop ‘n verskeidenheid gesonde lekkernye gedurende pouses en na skool. 

 Graad R en RR:

‘n Graad R-sentrum bestaan - verskaf pre-primêre onderwys.

 Speelgroepie:

Ons huisves ook ‘n speelgroepie (vanaf 2-jarige ouderdom) op die terrein.

Naskoolsentrum:

Daar is 'n naskoolsentrum wat in die behoeftes van alle leerders van Gr. 0-7 voldoen vanaf ná skool tot 18:00, sowel voldag tydens vakansies.  Die pre-primêre afdeling het hul eie, aparte naskoolsentrum.

 Sport:

Weervaste tennisbane

Netbalbane

Atletiekbaan onder spreiligte

Rugbyveld

Hokkie

Sokker

Voortrekkers:

 

Die Voortrekkers kom weekliks bymekaar in die Voortrekkersentrum op ons terrein.

Kom loer na ons fasiliteite
Inligting  |  Visie  |  Beleide 2012  |  Finansiële beleid  |  Fasiliteite  |  Kontak Ons  |  Meneer Henning se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use