Ons Geskiedenis

GESKIEDENIS VAN LAERSKOOL ANTON VAN WOUW

Hierdie skool word op 27 Janaurie 1925 geopen as die Nu Muckleneuk Afrikaans Medium Skool.  Die skool begin met 61 leerders vanaf gr. 1 tot st. 6 en met 3 personeellede, naamlik mnr WJ van den Heever (hoof), mej ES Grobbelaar en mev JJ  van Vuuren.  “Van hierdie leerlinge het 39 voorheen die Brooklyn Eng. Medium skool besoek.”

 Gedurende Junie 1959 word die skool herdoop tot die Laerskool Anton van Wouw.  Op 4 Junie 1959 besoek mev Hoffie van der Hoven, dogter van Anton van Wouw, en twee niggies, mev de Kock en mej de Kock, die skool en skenk die volgende wat vandag nog in die voorportaal van die administrasieblok pryk:

bullet

‘n Borsbeeld van Anton van Wouw deur homself,

bullet

‘n Stel foto’s van sy werke, en

bullet

Foto’s van die egpaar.

 Die borsbeeld is sekerlik een van sy waardevolste werke.  Benewens hierdie beeld, bestaan nog net een, en wel ‘n afgietsel wat op Anton van Wouw se graf is.

 Op Vrydag, 18 September 1959 word die nuwe skoolsaal ingewy en onthul mev Hoffie van der Hoven haar vader se borsbeeld in die voorportaal van die saal. 

 Die skool groei tot ‘n leerlingtal van 930 leerlinge in 1970 en in Januarie 1971 word die nuwe skool, Laerskool Monumentpark van Laerskool Anton van Wouw afgestig.  Laerskool Anton van Wouw begin in Januarie 1971 met 626 leerlinge.

Die skool bestaan tans uit 780 leerlinge met ‘n akademiese personeel van 39 waarvan 20 deur die Beheerliggaam aangestel is en vergoed word.  Dit bring ‘n gemiddelde onderwyser / leerlingverhouding van 1:23 mee.  Daar is verder 6 administratiewe personeel, 5 deeltydse musiekpersoneel (klavier, dwarsfluit, blokfluit, viool, klassieke kitaar), 4 deeltydse hulpdienspersoneel (skoolsielkundige, spraakterapeut, arbeidsterapeut en remediërende onderwyseres) en 5 terreinpersoneel

Inligting  |  Visie  |  Beleide 2012  |  Finansiële beleid  |  Fasiliteite  |  Kontak Ons  |  Meneer Henning se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use