Naskoolsentrum

 WOUWTJIE   NASKOOLSENTRUM

VOLLEDIGE    INLIGTINGSTUK

“It is not what you do for your children, but what you have taught them to do

for themselves that will make them successful human beings.” – Radenrich

Hester van Sittert  (Naskoolhoof)                    Rietie Janse van Rensburg (Adjunkhoof)                       

Naskoolselfoonnommer:  072 205 7137          E-pos: wouwtjienaskool@gmail.com

                                                                                                                                          

  • ALGEMEEN:

Die Naskool skep ‘n omgewing waar leerders emosioneel geborge en fisies veilig kan wees.

Die personeel streef om ‘n positiewe ingesteldheid teenoor akademie en goeie studiegewoontes by leerders te kweek sodat hulle akademies hulle potesiaal kan bereik.  Huiswerk is iets wat verantwoordelikheid van hulle vra en moet as ‘n ernstige saak beleef word.  Leerders word dus begelei om in gestruktureerde studietyd huiswerkopdragte selfstandig te voltooi – hul eie werk met trots te doen. Die Naskool dien ook as ‘n omgewing vanwaar hulle buitemuurse aktiwiteite van hulle keuse kan bywoon.  Hulle kry ook geleentheid om net lekker te speel sodat ouers met geruste harte in hul loopbane kan floreer. 

    

  • URE:    GEDURENDE SKOOLKWARTAAL: 13:00 – 17:30    

             GEDURENDE VAKANSIES:  07:15 – 17:30

Die naskool is oop gedurende die April-, Julie- en Septemberskoolvakansies, dus slegs gesluit vir die duur van die Desember skoolvakansie.  VAKANSIEPROGRAM  word aangebied.  Ouers word vroegtydig van addisionele kostes ingelig.

***Ouers wat leerders laat afhaal, betaal ‘n boete van R50 per 10 min.

 

 

  • STUDIETYD:

Roetine laat kinders veilig voel en kweek selfdissipline.  Daarom sal daar, selfs wanneer geen formele huiswerkopdragte gedoen moet word nie, nog steeds tydens studietyd aandag gegee word aan bv. lees of tafels voordat daar gespeel word. Daar word vooruit voorberei word vir kwartaaltoetse – om sodoende tydsbestuur  en studiebeplanning aan te leer; en stres by beide leerders en ouer te verminder.

    • Huiswerklokale:

Ma – Do Gr. 1 tot 2 leerders doen hulle huiswerk onder toesig in die Dirkie Uys-Voortrekkers se spansentrum.

Ma – Do Gr. 3 tot 6 leerders doen hulle huiswerk onder toesig in die klaskamers wat grens aan die paviljoen.

Gr 7 leerders doen hulle huiswerk in die sentrum.

Vrydae word alle Grade wat huiswerk moet doen in die sentrum gehuisves.

    • Personeel:  Daar word ‘n personeellid per graadgroep aangestel om leerders te begelei en ondersteun t.o.v. huiswerk en studie.
  • MIDDAGPROGRAM

Aanmeld tyd : Gr.1 - 3   13:00;  Gr. 4  -7  13:30:

§  Leerders meld direk na skool by die naskoolsentrum aan vir ete en registerkontrole;

§  Bevestig buitemuurse aktiwiteit/e indien enige.

§  Beweeg nas huiswerklokale

§  Verversings 16:00

§  Naskool sluit om 17:30

 

  • ETES: 

Etes en verversings word in die naskoolsentrum bedien.

Leerders word van middagete en laatmiddagverversings voorsien.

Leerders wie se buitemuurse program van so ‘n aard is dat hulle nie direk na skool kan eet nie se ete sal geberê word. Hierdie leerders moet egter nog steeds direk na skool aanmeld vir registerdoeleindes

 

 

  • HULPVERLENINGSKLASSE:

Rooster vir die hulpverleningsklasse in Wiskunde, Engels,  Afrikaans en die Leessentrum word in die  skool nuusbrief deurgegee word sodat leerders wat daarvan moet en wil gebruik maak, kan inskakel

.

  • REKENAARSENTRUM en MEDIASENTRUM GEBRUIK:

Gebruik van die rekenaarsentrum, vir navorsing, ten opsigte van, en die voltooiing van take word in vasgestelde ure by die skool se rekenaarsentrum gedoen

Die mediasentrum-ure is Ma. tot  Do. 13:30 – 14:30

  • BYWOON VAN BUITEMUURSE AKTIWITEITE: 

Alle leerders se buitemuurse aktiwiteite moet skriftelik by die naskool ingegee word sodat ons hulle aan hulle aktiwiteite kan herinner.

Leerders word nie toegelaat om enige aktiwiteit by te woon indien die naskoolpersoneel nie vooraf daarvan in kennis gestel is nie.

  • SKRYFBEHOEFTES:

Slegs Gr 1 en 2 leerders word van die skrybehoeftes, wat hulle nodig het om hulle huiswerk te voltooi, voorsien. 

Graad 3 tot 7 leerders moet hulle eie skryfbehoeftes voorsien.

  • AFWESIGHEID en GEWYSIGDE REëLINGS

Afwesigheid van die naskool moet asb per sms na 072 205 7137 met die naskool gekommunikeer word. Dringende en kort kennisgewing boodskappe wat aan leerders deurgegee moet word, moet ook asb per sms gestuur word. Ander kommunikasie kan per epos geskied. Die naskoolselfoon word net gedurende naskoolure beman.

 

  • AFHAAL VAN NASKOOLLEERDERS:

Leerders moet persoonlik deur ouers of ‘n persoon soos deur hulle aangestel by die

naskoolpersoneel afgehaal word.

 

 

·       FOOIE vir 2011:

REGISTRASIEGELD:  Registrasiegeld beloop R100 per leerder en is betaalbaar by inskrywing.

Gelde word aangewend vir die voorsiening van skryfbehoeftes en speel en sport toerusting.

MAANDFOOI:  Die fooi beloop R744 per leerder per maand en is vooruitbetaalbaar voor of op die 3e van elke maand.  Voltooi  asb die betalingsooreenkoms.

Fooie is vir 10 maande van die jaar betaalbaar. Geen aftrekking/terugbetaling van fooie is moontlik indien ‘n leerder, weens watter rede ookal, afwesig is nie.

 

 

            

BANKBESONDERHEDE:

ABSA BROOKLYN TAKKODE 335-345

REKENINGNOMMER 1500490124

NB. ASB. VERWYSING:  NS en die familiekode waaronder die skoolgelde inbetaal word.

Die NS is belangrik om die betaling van die skoolgelde te onderskei.

    

                                                                                                          

  • KENNIS: Daar moet een kalendermaand kennis gegee word indien ‘n leerder nie meer die naskool gaan bywoon nie.  November sal nie as kennismaand dien nie.

Kliek hier vir die inskrywingsvorm.

                                                                                                                            

Inligting  |  Visie  |  Beleide 2012  |  Finansiële beleid  |  Fasiliteite  |  Kontak Ons  |  Meneer Henning se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use