Skool Kommunikeerder

Verdere agtergrond oor die Skool Kommunikeerder

1.   Algemene nuus, kalender items, die weeklikse nuusbrief, vorms, ens. word gereeld deur hierdie kanaal versprei.  Die Wouwtjie Nuus (ou “bloubrief”) sal vir die oomblik voortgaan soos gewoonlik en daar sal later besluit word oor meer selektiewe verspreiding sodra ons kans gehad het om die sukses van hierdie projek te meet.

2.   Die skool laai gereeld inligting op die stelsel wat dan outomaties u rekenaar opdateer. Elke dag sal die program laai (sodra die rekenaar aangeskakel word en ‘n Internet koppeling bestaan.) Dit ontplooi dan met nuus, almanak items, foto’s, kontaknommers en bronne waar inligting opgelaai sal word waar u dan kan kliek en lees.


3.   Aanvanklik is dit belangrik dat u die inligting wat ontvang word filter tot wat vir u van belang is.  Dit kan gedoen word by die “VERPERSOONLIK” tablet en deur dan die gepaste blokkies te kies. Dit is regtig maklik om te gebruik.

4.   Voltooi ook die “BESONDERHEDE” blad wat ons sal help om u nuutste kontakbesonderhede beskikbaar te hê. Onthou asseblief om dit op datum te hou met enige veranderinge!

Indien u tegniese probleme ondervind met gebruik of installasie van die Kommunikeerder kan u die D6 ondersteuningspan kontak by 0860 22 11 36 of by support@school-communicator.com

Indien u nie weer e-pos kommunikasie van Laerskool Anton van Wouw wil ontvang nie stuur ‘n e-pos terug met net die woord “STOP” daarin.

Inligting  |  Visie  |  Beleide 2012  |  Finansiële beleid  |  Fasiliteite  |  Kontak Ons  |  Meneer Henning se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use