Visie

 

Visie

Om ʼn verantwoordelike, selfstandige, gelukkige en trotse kind tot volle potensiaal in die etos van ons omgewing te ontwikkel en toe te rus om bydraes te maak in Suid-Afrika en internasionaal..

Missie

..deur goed toegeruste, gemotiveerde en kundige onderwysers, met die beste, bekostigbare fasiliteite binne die omgewing (sosiaal-, polities- en besigheids-) in vennootskap met betrokke ouers.

Om bogenoemde rede volg ons 'n hoogs kreatiewe benadering in ons begeleiding van die leerlinge. Ons kurrikulum word aan die leerlinge aangebied deur die aanwending van vaardighede om probleemstellings te ontleed en op te los. Daar word veral gekonsentreer op verbetering van die kind se selfbeeld, vestiging van die Christelike beginsels, agting en respek vir alle landsburgers, mede-menslikheid, kreatiwiteit, kritiese en laterale denke en navorsings- en studievaardighede.


Ons poog dus om ons leerlinge toe te rus met vaardighede om lewenslange leerders te wees eerder as om bepaalde leerstof te onderrig (of af te rig!). Basiese vaardighede vir sinvolle verdere leer vind nog steeds plaas maar met 'n meer kreatiewe benadering.


Om bogenoemde te vermag, is klein klassies van kardinale belang! Om dit te bewerkstellig, word bykomende personeel deur die Beheerliggaam aangestel, asook vir meer persoonlike aandag, wat krities is in veral die uitkomsgerigte onderrigbenadering.


Daar word ook verskeie geleenthede gebied op kulturele- en sportgebied en deurgaans streef ons na die beginsel van massa-deelname. Ter wille van die ontwikkeling van die kind se sosiale vaardighede, word leerlinge aangemoedig om aan ten minste een kulturele- en/of sportaktiwiteit deel te neem.


Soos die beeldhouer, Anton van Wouw, poog ons om vorm te gee aan pragtige beelde van goed-gebalanseerde Suid-Afrikaners wat hulle bydraes kan lewer tot 'n beter Suid-Afrika!

Inligting  |  Visie  |  Beleide 2012  |  Finansiële beleid  |  Fasiliteite  |  Kontak Ons  |  Meneer Henning se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use