Algemene inligting

ANTON VAN WOUW PRE-PRIMÊR

Nuus!  Nuus!  Nuus! Nuus!

Anton van Wouw Pre-primêr open nou sy deure vroeër!

Vanaf Maandag, 22 Augustus 2011 sal daar n wagklas vanaf 06:45 vir al die kleuters wees wat vroeër afgelaai moet word.  So probeer ons om al ons werkende ouers te akkommodeer.

Die amptelike program vir Gr. R begin om 8:00.  Die programme vir Gr. RR en Gr. RRR begin om 8:30.

Ons vertrou dat bogemelde reëling byval by ons ouers sal vind!





Wat is ons doel by Anton van Wouw Pre-Primêr?

‘n Veilige, geborge omgewing waar elke kleuter die geleentheid gegun word om sy/haar individualiteit uit te leef en deur liefdevolle onderwyseresse begelei te word om sy/haar volle potensiaal te bereik.





Wat bied ons?

·         Christelike gebaseerde onderrig.

·         Voldag fasiliteite.

·         Ruim buite speelarea.

·         Voltydse kinderkinetikus.

·         Perdry elke Woensdag op die terrein.  (Buitemuurs).

·         Intellektueel uitdagende en stimulerende kurrikulum.

·         Liefdevolle, kind-vriendelike onderwyseresse.

·         Alle personeel is opgelei in die nuutste noodhulp tegnieke.





Wat doen ons in Kinetika?

Ons het na baie jare ondervinding besef dat ons as opgeleide onderwyseresse nie die spesialis-opleiding en passie het wat nodig is om groot-motoriese aktiwiteite op die korrekte wyse vir ons kleuters aan te bied nie.  Ons is ook deeglik bewus daarvan dat kleuters nie voldoende beweeg nie en daarom het ons besluit om ‘n spesialis aan te stel.  ‘n Kinderkinetikus is reeds vanaf 2007 voltyds op ons terrein.  Sy sien die kleuters byna elke dag in klein groepies.

‘n Volledige assessering van u kleuter gaan in die begin (en op gereelde basis daarna) gedoen word.  Op hierdie manier kan ons moontlike leerprobleme probeer voorkom.  Ouers kry die geleentheid om so gereeld as moontlik ‘n kinetika klas by te woon.





Buitemuurse aktiwiteite wat by ons skool aangebied word.:

§  Kunsklasse

§  Krieket

§  Tennis

§  Judo

§  Rekenaarvaardighede

§  Bulletjie Rugby

§  Drama

§  Ballet



§  Perdry

Ouers kan kies of hulle kinders aan bg. aktiwiteite wil deelneem.  Dit is nie by die skoolgelde ingesluit nie en ouers moet apart daarvoor betaal.  U sal op die eerste skooldag van die jaar inligting oor bg. aktiwiteite ontvang en kan dan besluit of u kleuter aan enige van bg. aktiwiteite deel gaan neem, of nie.

U kleuter hoef nie aan enige van bg. aktiwiteite deel te neem nie, moet asseblief nie vir te veel aktiwiteite inskryf nie.



Wat trek ons kleuters aan?

Gr RR leerders trek gewone klere aan.  Ouers moet asseblief nie vir hul kleuters nuwe of duur klere aantrek nie, ons kleuters speel en word baie vuil.

Graad R-leerders trek ‘n denim broekie of rompie met ‘n Wouwtjie-hempie aan.  Die hempies is by die verskaffers te koop.  Skoolsweetpakke in die winter.



Skoolure:

Maandae tot Donderdae:      06:45 tot 13:30

Vrydae:                                06:45 - 13:30

Voldag kleuters:                    06:45 - 17:30

Ons program begin eers om 08:15 en sal teen 12:45 eindig.  Ouers moet asseblief probeer om hul kleuters betyds te bring en te kom haal.



Wat bring u kleuter saam elke dag?

Elke kleuter moet ‘n tassie wat op ‘n hakkie opgehang kan word saambring.  Indien u kleuter soms nog glipsies kry, pak ‘n stel klere in.

Elke kleuter moet ‘n gesonde kosblik inpak.  Geen lekkers word toegelaat nie, behalwe op Vrydae as dit snoepie is, of as iemand verjaar.



Skryfbehoeftes vir 2011:

Al die kleuters moet ‘n pakket-fooi vir hul skryfbehoeftes vir die jaar betaal.  Dit is vir fotostate, papier, karton, verf, koki’s, verskeie soorte potlode, pastelle, vetkryt, uitdraaikryte, kwassies, skêre, lêers ens…….



Wat behels die voldag fasiliteit?

Ons skep ‘n veilige en geborge omgewing vir elke voldag kleuter.  Elke kleuter kry gesonde kos wat bestaan uit ‘n proteïen. stysel met groente of vrugte.  Soms kry hul ook nagereg.  Later in die middag kry hul iets om te eet en te drink.  Kleuters is ook welkom op ‘n dag-tot-dag basis teen R50.00 per dag.



Waar om ons te kry:

Langestraat-Suid 405

Nieuw-Muckleneuk

Pretoria

Tel/Faks:  012 346 3282

E pos:  kleinwouwtjies@wouwtjies.co.za

Webblad:  www.wouwtjies.co.za

Foto Gallery
Belangrike Datums

Belangrike datums:

19 Augustus is Ope dag. Alle voornemende pre-primêr kleuters kom kuier saam.  Almal kom 8:30 in die skoolsaal bymekaar.

Gr R tema’s vir die derde kwartaal:

Voëls

Dinosaurusse en reptiele

Insekte

Water

 Die planeet Tannie kom die week van22-26 Augustus vir ons kuier.

 

Gr RR tema’s vir die derde kwartaal:

Seisoene

Insekte en diertjies in ons tuin.

Helpers van die gemeenskap

    Ambulans

    Polisie

    Brandweer

    Vervoer

Instappie vir die Gr RR en GrRRR klasse 8 September. FANSA (Die Ambulans) kom ons besoek.

Inligting  |  Fasiliteite  |  Visie en Misie  |  Beleide 2012  |  Kontak Ons  |  Skoolbestuur se Blog  |  Wouwtjieraad 2012  |  Fotos en Videos  |  Akademie  |  Gedragskode  |  Geskiedenis  |  Sport  |  Kultuur  |  Lede  |  Projekte  |  Bemarking  |  Kleinwouwtjies  |  Huiswerk  |  Nuus
Kopiereg 2010 Laerskool Anton Van Wouw   |  Privacy Statement  |  Terms Of Use