Ons interne Kunstefees is ‘n groot kultuurhoogtepunt van die jaar. Leerders van Gr. R tot 7 kan deelneem aan díe spoggeleentheid. Daar is verskeie kategorieë waaraan leerders kan deelneem, o.a. kreatiewe skryfwerk, dans, drama, kuns, sang, instrumentale spel, tafeldek en blommerangskik. Die gala-aand is werklik ‘n besonderse geleentheid, waartydens die kategorie-wenners hulle onderskeie items lewer.
Kontakpersoon: Me. Marian Bakkes