Gedurende die derde kwartaal kry krieket sy beurt. Professionele afrigters bemoei hul met die krieketafrigting. Die krieket-aandliga verdien ook spesiale vermelding. Die dogters kry ook geleentheid om deel te neem aan die mini-krieket. Ons 0.11 en 0.12 spanne was in 2009 Gauteng-Noord wenners. In Mnr. Ettienne Birkenstock, het ons een van die mees ervare afrigters wat die kinders onder hande neem.