Gedurende die tweede kwartaal word die wintersportsoorte beoefen. Soveel as moontlik leerders word geakkommodeer in netbalspanne. Vir dié doel word B- en C-spanne ook in ligas ingeskryf. Vir die graad 1-leerders word mini-netbal aangebied en word daar gefokus op vaardigheidsontwikkeling.