Ja, skaak is ‘n sport! Skaak het ‘n vol program met ligawedstryde in die tweede en derde kwartaal. Dan is daar ook die jaarlikse Wouwtjie-skaaktoernooi teen ander skole wat deur ons skool aangebied word. Skaaklesse word op ‘n weeklikse basis by die skool aangebied.