TENNISNUUS
Ons herinner al ons tennisspelers dat die sluitingsdatum vir die inhandiging van daagwedstryde by Juf. Chantel Maandag 6 Junie 2011 is. Daar sal ook nie meer hierdie kwartaal op Vrydae oggende squad oefeninge wees nie aangesien ons die daagkwartaal eers wil afhandel vir die finalisering van ons dubbelspanne. Baie dankie vir die mooi gesindheid waarin die daagwedstryde plaasvind. Ons is trots op ál ons tennisspelers!
DAAGPROSEDURE
(Elke speler kry 2 daagbeurte)
Stap 1: Skryf jou naam en die naam van die persoon wat jy wil daag in die
daagregister by Juf. Chantél van Zyl. Hierdie wedstryd moet eers afgehandel wees voor jy weer ‘n daagwedstryd registreer. ‘n Volgende wedstryd tussen dieselfde spelers mag slegs na 7 dae weer plaasvind.
Stap 2: Voltooi die daagvorm onmiddelik.
Stap 3: Kontak die speler wat jy wil daag op dieselfde dag. Julle moets saam na Juf.
Chantel toe gaan. Jou eerste daag mag jy 4 plekke bo jou daag en jou tweede daag, slegs 2 plekke bo jou.
Stap 4 : Die verdediger moet 3 moontlike datums voorsien waarop daagwedstryde
gespeel kan word. Die daagwedstryd MOET binne 7 dae vanaf registrasie van die wedstryd geskied. Indien die verdediger nie binne 7 dae die wedstryd speel nie, moet ‘n geldige doktersbrief ingehandig word. Indien nie, verbeur die verdediger sy/haar posisie en sal die ranglys so aangepas word. In uitsonderlike gevalle sal die komiteebeslissings geld.
Stap 5: Die uitdager moet ‘n baan reel, Juf. Chantel in kennis stel van die datum
waarop die wedstryd gespeel gaan word, en 3 nuwe balle voorsien waarmee gespeel sal word.
Stap 6: Speel van die wedstryd.
Indien die verdediger nie opdaag vir die wedstryd nie, of meer as 15 minute laat
is, sal die verdediger sy/haar posisie verbeur en die ranglys sal so aangepas word. As die uitdager skuldig is hieraan word die daagwedstryd verbeur, en hy/sy verloor daagbeurt. Gedurende die wedstryd sal geen inmenging deur omstanders geduld word nie! Tydens die wedstryd moet tellings aangebring word op oorspronklike daagvorm. Hierdie vorm moet deur die uitdager voorsien word. 0.11 spelers speel beste uit 9 spelle met voordeel. Seniors spelers speel pro-set met voordeel. Valbylpot op 7 elk.
Stap 7: Vorm word direk na wedstryd deur albei spelers onderteken en die volgende
dag ingehandig by Juf. Chantel deur die wenner. Hierna sal die ranglys aangepas word, indien nodig. Slegs dan mag volgende wedstryde deur betrokke spelers geregistreer word.
HOE WERK DIE RANGLYS IN GEVAL VAN DAAGWEDSTRYDE?
- Ingeval die wenner laer as die verloorder op die ranglys is:
- In die geval van ‘n daagwedstryd neem die wenner die plek van die verloorder in en die verloorder skuif 1 plek af op die ranglys.
- In geval die wenner die hoogste op die ranglys is van die 2:
- Die ranglys bly onveranderd.
Kennisgewing: